’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD
Vlamsiekte.
FOTO 141. Kenmerkend van vlamsiekte is vertraagde uitbot met kortlittige lote, terwyl geen bot asook vroeë afsterwing van lootjies ná bot heel dikwels voorkom. Kortlittige lote moet nie met tandpyn verwar word nie. Let ook op vreetskade by blare wat uiteraard geen verband met vlamsiekte inhou nie.
FOTO 142. ’n Tipiese voorbeeld van vertraagde uitbot waar verdwergde lootjies op ’n vroeë stadium deur vlamsiekte verteer word. Tipiese vreetpatrone van slakke (blare) en snuitkewers (lote) word ook uitgebeeld.
96 • ’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika
Made with FlippingBook Ebook Creator