’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD

Eutypaterugsterwing (tandpyn).

FOTO 110. ’n Dwarssnit van ’n tandpyngeïnfekteerde kordon/arm toon ’n karakteristieke verrot­ tingspatroon wat vereenselwig word met ’n Vvormige voorkoms van nekrotiese hout vanaf die bas tot in kernhout. ’n Duidelike begrensing met oënskynlik gesonde hout word weerspieël.

FOTO 111. Tandpynagtige verskynsels (klein, nekrotiese blaartjies) wat vir die eerste maal opgemerk word, kan maklik met ander oorsake verwar word. Let ook op die voorkoms van geel kolle op basale blare – in hierdie geval het dit geen verwantskap met donsskimmel ingehou nie.

76 • ’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika

Made with FlippingBook Ebook Creator