’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD

Verwarrende verrotingspatrone (112); Phytophthora (113).

FOTO 112. ’n Dwarssnit van hout (Foto 111) openbaar verrottingspatrone wat verwarring kan meebring. In sodanige gevalle is die inwin van deskundige advies onontbeerlik.

FOTO 113. In kwekerye is ’n skielik verlepte voorkoms van blare kenmerkend van Phytophthora – veral soos in hierdie geval by ongeënte Richter 99. Let daarop dat dooie stokkies (soos in foto) die gevolg is van swak/geen aanvanklike wortelvorming en as sulks nie met Phytophthora verwar moet word nie.

’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika • 77

Made with FlippingBook Ebook Creator