’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD

Suurvrot.

die oogmerk om edelvrot te bewerkstellig. In sodanige gevalle word dikwels ondervind dat volledige trosse of dele daarvan met die gesamentlike voorkoms van suurvrot en blougroen/swartskimmels bedeel word (Foto’s 96 & 97). Met verloop van tyd word sulke trosse, met inbegrip van stingels en raamwerke, asook nabygeleë lootdele, mettertyd pikswart. Hierdie swart verkleurings moet nie met dié van roetskimmel (wat gedurende die groeiseisoen op heuningdou van witluise groei), verwar word nie – veral nie waar dit op stamme en kordondele voorkom nie (Foto’s 98 & 99). Sekerheid kan bewerkstellig word deur swart gekleurde, los basgedeeltes gedurende die winter af te trek om sodoende die aanwesigheid van oorwinterende witluise vas te stel indien dit sou voorkom.

FOTO 88. ’n Tipiese voorbeeld waar vaalvrot op ’n vroeë stadium gestuit is om tot die toetrede van suurvrot (as gevolg van aanvanklike verwonding) by te dra.

’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika • 63

Made with FlippingBook Ebook Creator