’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD
Virus associated phenomenon (1); thickened graft union (2).
SWAMSIEKTES Suurvrot en blougroen-/swartskimmels 2.6
Suurvrot Benewens vaalvrot kan suurvrot – binne die groep van swamsiektes/skimmels soos by korrel en trosverrotting betrokke – as ’n pertinent belangrike rolspeler in terme van sodanige situasies uitgesonder word. Soortgelyk aan vaalvrot, kom suurvrot in feitlik alle verbouingsareas voor waar dit onder bevorderlike toestande tot aansienlike oesverliese kan bydra. Aangesien heel korrels nie gepenetreer kan word nie, is die toetrede en verdere ontwikkeling van suurvrot afhanklik van korrelbeskadiging wat op een of ander stadium opgedoen word. Sodanige verwondings kan op verskeie maniere geïnduseer word, waarvan aanvanklike botrytisinfeksie, voëlpik, korrelbars as gevolg van oïdium of andersins, steekplekke van vrugetevlieë en bars/losskeur van korrelstele tydens uitswel van korrels by kompakte trosse as van die belangrikstes uitgesonder kan word. Die eerste tekens van suurvrot kom tydens en ná die rypwordingsproses voor en word geassosieer met geelbruin tot byna oranje dopverkleurings met gepaardgaande verrotting, sonder enige glyskil of kraakdop verskynsels (soos kenmerkend van vaalvrot). Bostaande situasie word ten beste weerspieël waar vaal en suurvrot gesamentlik op individuele trosse voorkom en die indruk skep dat laasgenoemde ’n verdere ontwikkelingsfase van eersgenoemde behels (Foto’s 88, 89 & 90). Die werklike toedrag van sake berus daarop dat botrytisinfeksie aanvanklike verwonding teweegbring waarna suurvrot toeslaan (in opvolging van die stopsetting van vaalvrot as gevolg van ongunstige toestande). In gevalle waar verwondings deur onder andere voëlpik, vrugtevliegsteekplekke, korrelbars of meganiese aksies daargestel word, sou suurvrot dus onder bevorderlike toestande in die afwesigheid van vaalvrot suksesvolle ontwikkeling siklusse kon volvoer (Foto 91). Die skerp asynreuk wat met suurvrot geassosieer word, is afkomstig van asynsuur wat deur asynsuurbakterieë gevorm word. Hierdie bakterieë word deur asynvlieë na verrottende trosse versprei waardeur die situasie vererger word. Wit larwes wat nie met dié van vrugtevlieg verwar moet word nie, mag in die weefsel van verrotte korrels teenwoordig wees. Namate die verrotting vorder, word die korrels droog en leeg om later net droë doppe met pitte agter te laat (Foto’s 92, 93 & 94). Blougroen- en swartskimmels Soortgelyk aan suurvrot kan blougroen en swartskimmels slegs stukkende (verwonde) korrels infekteer en word gewoonlik slegs by ryp druiwe aangetref. In teenstelling met swartskimmels wat met waterige verrotting en massas swart, reuklose spore geassosieer word, word meestal slegs enkele korrels deur blougroenskimmels aangetas – waardeur pap korrels met verhewe blougroen kussinkies daargestel word (Foto 95). By wyndruiwe word hierdie skimmels egter nie as ’n kommerwekkende bedreiging beskou nie en word gewoonlik aangetref by trosse wat tot laat in die groeiseisoen aan stokke gelaat word met
62 • ’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika
Made with FlippingBook Ebook Creator