’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD

Botrytis (vaalvrot).

vermeld) afhanklik waartydens infeksie tot fyn krakies in korreldoppe by trosse wat tot laat in die seisoen aan stokke gelaat word, aanleiding gee. Sodanige korrels verloor dan vog deur verdamping, verkleur na lig tot goudbruin, verplooi en verander geleidelik in tipes van sagte rosyne met uitermate hoë suikerkonsentrasies (Foto’s 82 & 83). In SuidAfrika is – veral tydens jare met droë herfsperiodes – al meermale daarin geslaag om uitstekende laatoes wyne geassosieerd met edelvrot te verkry. Waar bevorderlike toestande egter nie aan die orde van die dag is nie, is dit nie ongewoon dat hangende trosse totaal deur verrottingsneste en spore oordek word nie, met die dikwels bykomende aanwesigheid van ander nadelige sekondêre verrottingsorganismes (Foto’s 84 & 85). Die teenwoordigheid van heuningbye tydens laat herfs (wanneer suurvrot afgehandel is en bostaande organismes reeds toegetree het), is dikwels aanduidend van edelvrotkorrels êrens in sodanige trosse (Foto 86). Botrytis kan ook blare en lote aantas en groot skade veroorsaak, maar plaaslik word dit baie selde aangetref, behalwe onder intensiewe toestande soos in glashuise en kallustonnels (Foto 87).

FOTO 73. Ligbruin dopverkleurings met gepaardgaande glyskil ná infeksie is baie tipies van vaalvrot. Hierdie voëlpikwond is as toegangspoort deur ontkiemende swamspore benut ten einde die korrel binne te dring.

54 • ’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika

Made with FlippingBook Ebook Creator