’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD

Topmasjienskade (517); opslaglote (518).

FOTO 517. Aansienlike topmasjienskade kan selfs by meerjarige hout aangerig word – veral in gevalle waar draers nie korrek ontwikkel/geposisioneer word nie, met ’n gevolglike neiging daarvan om na die kante gerig te word.

FOTO 518. Gegewe die vermorsing van reserwes, word die spoedige, tydige en oordeelkundige uitskakeling van opslaglote – veral by jong aanplantings – ten sterkste aanbeveel. Let ook op die gunstige toestande vir makwortelontwikkeling soos in hierdie voorbeeld geskep word – in die opsig dat die entlas in kontak met of selfs deur grond bedek sou word.

332 • ’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika

Made with FlippingBook Ebook Creator