’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD
Opslaglote (519); ontydige onkruiddodertoediening (520).
FOTO 519. Sou onoordeelkundige/foutiewelike aksies rakende die verwydering van opslaglote uitgeoefen word, bly die ondervinding dat die omvang van sodanige situasies nie alleen met tydsverloop vererger nie, maar ook dat permanente bekampingsmaatreëls al hoe meer bemoeilik word.
FOTO 520. Die tydige en oordeelkundige toediening van onkruiddoders word allerweë as van kardinale belang beskou. Ernstige toksisiteitsingrepe kan by blootgestelde stokke bewerkstellig word – veral in gevalle waar sodanige aksies ná skoonsny (vars snoeiwonde) of selfs tydens oogswel/ ontluiking van oë, uitgeoefen sou word.
’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika • 333
Made with FlippingBook Ebook Creator