’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD

Draer-opbou (511); suier-aksies te laat (512).

FOTO 511. Alhoewel die oordeelkundige benutting van gunstig-geposisioneerde suierlote as ’n doeltreffende maatreël teen die opbou van draers kan dien, het die tydige uitoefening van sodanige aksies in hierdie voorbeeld te lank agterweë gebly.

FOTO 512. ’n Voorbeeld waar die aanvang van suier-aksies vir ’n te lang periode uitgestel is – ten gevolge waarvan die doeltreffende verwydering van ongewenste lote aansienlik bemoeilik word.

’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika • 329

Made with FlippingBook Ebook Creator