’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD

Knel/wurgeffekte.

FOTO 503. Alhoewel erge knel/wurgeffekte – as gevolg van die knoop met tou aan die onderkant in plaas van bokant die oog vir bestemde stam/stokontwikkeling – in hierdie voorbeeld geïllustreer word, kan aktiewe makwortelontwikkeling/groei (entlas, sowel as knelposisie met grond bedek) as ’n bykomende oorsaak vir die kwynende en terugsterwende voorkoms van hierdie stok, beskou word.

FOTO 504. Soortgelyk aan die oorsaak soos in Foto 503, word ernstige knel/verwurging by hierdie Weisser Rieslingstok aangetref. Weerspieëlend van sodanige situasies is waar geaffekteerde stokke vir ’n tydperk normaal groei en presteer, om skielik aan verdroging – veral tydens stres – onderwerp te word.

’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika • 325

Made with FlippingBook Ebook Creator