’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD
Triasiene Skadelike ingrepe soos verbonde aan die benutting van vooropkomsmiddels (waarin triasiene as aktiewe bestanddele figureer) kom gewoonlik by jonger stokke voor – veral in gevalle van vestiging in lig tot mediumgetekstureerde grond en waar oordosering sou geskied. Alhoewel uiteenlopend, word tussennerfse vergeling vanaf blaarrande – om geleidelik tot verbruining van weefsel by te dra – as kenmerkend by wingerdwortelopnames van basiese middels binne hierdie groep beskou (Foto 481). Met gelyktydige aanwendings van voor en naopkomsmiddels (in gemengde formaat) bly dit deurlopend van belang om die fenologiese stadia waarin stokke verkeer, deeglik in oënskou te neem. In gevalle van direkte toediening op ontluikende oë (botsels), mag ernstige blaarskroei ontketen word – veral waar naopkoms kontakdoders in sodanige mengsels geïnkorporeer sou wees (Foto 482). Bykomend hiertoe kan uiteenlopende/verwarrende abnormaliteitsverskynsels as verbandhoudend met direkte kontak selfs tydens oogswel – vóór aktiewe uitbot – vereenselwig word, met spesifieke verwysing na situasies waar benattingsmiddels (penetrante) ingesluit sou word om indringing aan te moedig (Foto 483). Parakwat Op grond daarvan dat chlorofil van plantweefsel deur parakwat vernietig word, kan ernstige skade by wingerd geïnduseer word in gevalle waar tersaaklike organe (in die formaat van blare, jong lootdele en blomtrosse) aan direkte kontak met spuitnewel onderwerp sou word. In die algemeen word fitotoksisiteitsingrepe hoofsaaklik met ’n gelokaliseerde voorkoms van onreëlmatige, chlorotiese kolle/vlekke – om opsigself deur spoedige nekrose opgevolg te word – by geaffekteerde blare vereenselwig (Foto’s 484 486). Alhoewel minder ingrypend, kan fitotoksisiteit – soos weerspieëlend van vergeling/verbruining van gedeeltelike of totale blaaroppervlaktes – ook deur dampe teweeggebring word, veral wanneer aanwending tydens warm weerstoestande sou geskied (Foto 487). ’n Ietwat ongewone verskynsel is versimboliserend daarvan dat parakwat onder andere deur meganiesbeskadigde lote opgeneem en na blare getranslokeer kan word – om sodoende tot verbruining/nekrose van die nerfnetwerk en aangrensende weefsel aanleiding te gee (Foto 488). Fenoksie-asynsuur In die breë word kenmerkende abnormaliteitsverskynsels (as resulterend van onbeheerde seldeling) openbaar in gevalle waar basiese onkruiddoders met fenoksieasynsuur as aktiewe bestanddeel, onoordeelkundig aangewend/benut sou word. Normaalweg word skadelike ingrepe hiervan as verbandhoudend met toediening oor vars snoeiwonde, óf tydens oogswel, óf wanneer spuitnewel en/of dampe met veral groenlote en blare van stokke in aanraking sou kom, geassosieer. Alhoewel fitotoksisiteit gewoonlik karakteristieke patrone betreffende die voorkoms daarvan openbaar, is dit dikwels uiteenlopend/verwarrend en word die inwin van deskundige advies ter bevestiging aanbeveel – veral by situasies waar stokke deur dampe van
’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika • 309
Made with FlippingBook Ebook Creator