’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD

Virus associated phenomenon (1); thickened graft union (2).

DEEL 9

ONKRUIDDODER- FITOTOKSISITEIT 9

A fgesien van navorsingsgebaseerde en streng wetenskaplik-gefundeerde riglyne waarvolgens chemiese onkruidbeheerstrategieë benader en toegepas behoort te word, is die voorkoms van abnormaliteitsverskynsels – soos met die onoordeelkundige aanwending/benutting van chemiese middels vereenselwig kan word – geensins onbekend nie, in welke geval dit steeds op ’n periodieke basis ’n toetrede tot geaffekteerde stokke openbaar. Op grond daarvan dat aansienlike ekonomiese skade/verliese in dergelike gevalle ontketen mag word, bly dit kardinaal van belang dat beplanningsprosedures betreffende die implimentering van onkruiddoderprogramme te alle tye in noue oorleg/samehang met deskundiges uitgeoefen word. Uiteraard is bogenoemde ook van toepassing by situasies waar bestaande programme aan aanpassing/wysigings onderwerp sou word – in welke geval suksesvolle onkruidbeheer deurlopend op die mees omgewingsvriendelike wyses bevorder mag word. Oorkoepelend bly dit verder van belang om deurlopend op hoogte van identifikasie-prosedures betreffende onkruiddoder-geïnduseerde abnormaliteitsverskynsels by aangetaste stokke te verkeer. Aangesien huidige programme egter hoofsaaklik op die toediening van mengsels – in teenstelling met die verlede waar produkte meestal enkelvoudig toegedien was – berus, mag konkrete/positiewe indentifikasie(s) aansienlik bemoeilik word. Bykomend, soos gebaseer op nie slegs onderlinge verskille nie, maar ook waar verwarring met ander en selfs totaal uiteenlopende oorsake mag voorkom, word die inwin van deskundige advies ten sterkste aanbeveel, ten einde werklike tendense aan die lig te bring – veral weens die uiteenlopendheid en selfs ooreenstemmigheid van fitotoksisiteitsingrepe soos binne hierdie voorbeelde geïnduseer mag word. Globaal beskou bly die oogmerk om suksesvolle onkruidbeheer deurlopend op die mees omgewingsvriendelike wyse te bevorder – ’n situasie waarvolgens chemiese onkruidbeheerstrategieë bevredigende haalbaarheid mag inhou, met die klem daarop dat wetenskaplik-gefundeerde riglyne ten nouste by die toepassing daarvan nagestreef word.

308 • ’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika

Made with FlippingBook Ebook Creator