’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD
Vooropkomsmiddel – fitotoksisiteit.
2,4dichlorofenoksieasynsuur (2,4D) of selfs 2,4,5trichlorofenoksieasynsuur (2,4,5T) geaffekteer sou word. Na gelang van die intensisiteitsvlakke van opname, kan ernstige skade by toepaslike organe aangerig word – in sodanige mate dat stokke in geheel mag terugsterf (Foto’s 489 494). Glifosaat Soortgelyk aan fenoksieasynsuur, word glifosaatgeïnduseerde fitotoksisiteit ook as verbandhoudend met toediening oor vars snoeiwonde, óf tydens oogswel/ontluiking van botsels, óf wanneer spuitnewel en/of dampe met veral groenlote en blare van stokke in aanraking sou kom, geassosieer. Alhoewel fitotoksisiteit normaalweg karakteristiek, visueel waarneembare kenmerke betreffende die voorkoms daarvan openbaar, is dit dikwels uiteenlopend en word die inwin van deskundige advies ter bevestiging aanbeveel. Bykomend hiertoe skep toksisiteitsverskynsels verbonde aan glifosaat dikwels verwarring met dié van ander en soms totaal uiteenlopende oorsake, waardeur positiewe identifikasie uiteraard verder bemoeilik word. Soos gegrond op die intensisiteitsvlakke van opname, kan ernstige skade ook in hierdie verband by toepaslike organe aangerig word – te wete in sodanige mate dat stokke in geheel mag terug/afsterf (Foto’s 495 502).
FOTO 481. Alhoewel uiteenlopend, word tussennerfse vergeling/verbruining vanaf blaarrande as kenmerkend by wortelopname van vooropkomsmiddels (waarin triasiene as aktiewe bestanddele figureer) beskou.
310 • ’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika
Made with FlippingBook Ebook Creator