’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD

Hoë stikstofvlakke (464); toksisiteite (465).

FOTO 464. Intens, donkergroen blaarverkleurings word deur hoë stikstofvlakke geïnduseer. Let ook op die vroeë afspeen van korrels, soos by die 17:00posisie waargeneem kan word.

FOTO 465. In ernstige gevalle word stikstoftoksisiteite (soos in Foto 464) met blink vlekke op blaaroppervlaktes vereenselwig, waarná blaarrande aan verbruining en verdroging onderwerp word. Let daarop dat benewens windskade; knoppiesblaar en donsskimmel (by blaar in die 15:00posisie) ook in hierdie voorbeeld waargeneem kan word.

’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika • 299

Made with FlippingBook Ebook Creator