’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD

Stikstof In die breë word stikstoftekorte – in welke geval abnormaliteitsverskynsels daaraan verbonde, uiters selde aan visueelwaarneembare toetredes in die praktyk onderhewig is – deur verswakte lootgroei en ’n algemene vergeling van blare gekenmerk. Hierteenoor word oormatige lootgroei in kombinasie met die toetrede van intens, donkergroen blaarverkleurings, deur hoë stikstofvlakke geïnduseer (Foto 464). In ernstige gevalle word toksisiteite met blink vlekke op blaaroppervlaktes en soutneerslae op blaarrande vereenselwig, waarna weefsel aan verbruining en verdroging onderwerp word (Foto’s 465 & 466). Bykomend hiertoe word onder andere afspeen van korrels en ’n verlaging in kaliumvlakke van blare teweeggebring, in welke geval selfs tekortsabnormaliteite daarvan by laasgenoemde mag toetree – as kenmerkende verskynsels soos vanuit oormatige stikstoftoedienings mag voortspruit, beskou. Kalium In teenstelling met alombekende probleme soos voortspruitend uit gevalle waar stokke aan oormate van kalium onderwerp sou word, ontbreek karakteristiek, visueelidentifiseerbare abnormaliteitsverskynsels meestal onder normale verbouingstoestande. Hierteenoor, alhoewel kaliumtekorte met die toetrede van kenmerkende eienskappe vereenselwig word, is die manifestering daarvan soms baie uiteenlopend, om sodoende verwarring met ’n verskeidenheid van ander oorsake/probleme te verskerp. Normaalweg manifesteer kaliumtekorte in die vroeë groeiseisoen as opgerolde blare (blaarrande rol na bo of na onder) – ’n situasie wat gewoonlik met vergeling van blaarrande gepaard gaan, om deur geleidelike verbruining en verdroging daarvan opgevolg te word. Later in die seisoen word tekorte met verbruining van veral ouer blare vereenselwig, om sodoende tot vroeë blaarverliese en verswakte groei bydraend te mag wees (Foto’s 467 470). Magnesium Abnormaliteite soos met magnesiumtekorte vereenselwig word, is karakteristiek en kan gewoonlik vanaf véraison op ouer blare – in welke geval dit as ’n tussennerfse vergeling by witdruifkultivars met ’n soortgelyke verrooiing by rooidruifkultivars sou toetree – waargeneem word (Foto’s 471 & 472). In uiterste gevalle kan blaarrand nekrose geïnduseer word (Foto 473). Alhoewel produksievlakke deur magnesiumtekorte geaffekteer kan word, is die algemene ondervinding dat die toetrede van abnormaliteitsverskynsels daaraan verbonde tydige herkenbaarheid openbaar – ten einde tersaaklike optredes moontlik te maak. Yster Ystertekortsabnormaliteite is visueelwaarneembaar as ’n tussennerfse vergeling van jong, vinnig groeiende blare terwyl die hoof, asook sekondêre en fyner nerwe groen gekleurd bly (Foto 474). Met tydsverloop word die vergeling meer intens om uiteindelik ’n bleekgeel tot selfs wit voorkoms aan blare te verleen. Teen die einde van die seisoen kan die hele

’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika • 297

Made with FlippingBook Ebook Creator