’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD
Virus associated phenomenon (1); thickened graft union (2).
DEEL 8
VOEDINGSELEMENT-TEKORTE EN -TOKSISITEITE 8
A lhoewel wingerdstokke, in teenstelling met die meeste ander akker- en tuinbougewasse, relatief lae voedingsbehoeftes openbaar, berus optimale in-wingerd prestasie – met inbegrip van volhoubare kwaliteit- en kwantiteitstandaarde – op ’n deurlopende toeganklikheid tot essensiële makro- en mikronutriënte, ten einde vir effektiewe opname/benutting daarvan – in werklik benodigde en gebalanseerde hoeveelhede – voorsiening te maak. Desondanks dat korrekte/sinvolle bemestingstrategieë – aan die hand van wetenskaplik-gefundeerde riglyne – normaalweg nagestreef word, is die toetrede van abnormaliteite soos met óf tekorte óf oormate van spesifieke nutriënte vereenselwig word, geensins onbekend nie, om derhalwe as sulks tot erkende probleemsituasies in die plaaslike en buitelandse wyn- en tafeldruifbedrywe uitgesonder te word. Aangesien aansienlike ekonomiese skade/verliese in gevalle van ernstige oormate óf tekorte ontketen mag word, is dit ook hier van belang om deurlopend op hoogte van identifikasie-prosedures daaromtrent te verkeer. Bykomend, soos gebaseer op verwarring met verskeie ander en selfs uiteenlopende oorsake, word die inwin van deskundige advies ten sterkste aanbeveel, ten einde werklike tendense met behulp van blaaranalises en/of grondontledings, aan die lig te bring.
296 • ’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika
Made with FlippingBook Ebook Creator