’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD

Desnieteenstaande dat millerandasie ook met die voorkoms van kleiner, dikwels pitlose korrels, in welke geval dit in diggepakte formaat tesame met normale, pitbevattende korrels by individuele trosse sou voorkom, geassosieer word (Foto’s 447 - 449) – moet versigtigheid aan die dag gelê word om sodanige verskynsels op ’n lukrake wyse as verteenwoordigend van afwykings in hierdie kategorie te takseer. Aangesien millerandasie- toetredes opsigself aan verskeie en uiteenlopende oorsake/faktore toegeskryf kan word, word opvolgende ondersoeke/waarnemings ter bevestiging, ten sterkste aanbeveel. Trosgrootte en -vorm Afwykings kom ook voor waar slegs trosgroottes en -vorms van die normale situasie(s) verskil. ’n Bekende voorbeeld in hierdie verband is knoptros of Le Roux-Hanepoot, in welke geval trosse met min uitsonderings betreklik klein is. Uiteraard is die opbrengste by hierdie afwykings gewoonlik heelwat laer in vergelyking met dié van normale stokke. Korrelvorm In hierdie verband kan Muscat d’Alexandrie as van die bekendste kultivarvoorbeelde in terme van ’n verskeidenheid betreffende korrelvorm-afwykings, uitgesonder word. Voorbeelde hiervan, soos onder die benamings van: (i) langkorrel-Hanepoot; (ii) rondekorrel-Hanepoot en (iii) peer-Hanepoot, word steeds plaaslik verbou. ’n Vegetatief-voortplantbare afwyking het ook by Palomino voorgekom, in welke opsig die korrels ’n duidelik gesegmenteerde voorkoms openbaar (Foto 450) – waar dit steeds plaaslik onder die benaming van ‘Tamatie- Frans’ aangetref word, om dikwels, weens die interessantheid daaraan verbonde, wye belangstelling te ontlok. Korrelkleur Op grond van wit, rooi, grys en swart as verteenwoordigend van die vier hoofkleure, soos by ryp druiwe aangetref word, is mutasies in hierdie kategorie – weens die duidelike herkenbaarheid daaraan verbonde – waarskynlik die beste bekend. In SA ressorteer die voorkoms van Rooi Hanepoot en Rooi Sémillon as van die bekendste voorbeelde van kleurafwykings in die orde van wit na rooi. Alhoewel nie plaaslik, het Rooi Muskadel op dieselfde wyse van Wit Muskadel tot die wingerdwêreld toegetree. ’n Verskynsel wat stellig die meeste voorkom, is waar by een stok ’n loot met rooi druiwe voorkom, óf waar slegs ’n enkele tros rooi gekleurd mag wees. Gevalle het ook al voorgekom waar by ’n individuele tros slegs ’n gedeelte daarvan, óf selfs net enkele korrels, kleurveranderings ondergaan het (Foto’s 451 - 453). Volgens deskundiges op hierdie gebied moet aanvaar word dat kleurveranderings in die volgorde van swart – rooi of grys – wit (of omgekeerd) geskied, maar nie direk van swart na wit of van wit na swart nie. Op die plaaslike front is sover

284 • ’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika

Made with FlippingBook Ebook Creator