’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD
Virus associated phenomenon (1); thickened graft union (2).
DEEL 7
GENETIESE AFWYKINGS 7 A fgesien van die hoë mate van uiteenlopendheid daaraan verbonde, kan die toetrede(s) van genetiese afwykings as welbekende verskynsels in die SA wingerdbedryf beskou word. Oorkoepelend kan die voorkoms van sodanige afwykings/mutasies as resulterend van skielike veranderings in die gene (draers van erflike eienskappe) toegeskryf word – ’n situasie(s) wat te eniger tyd en in enige sel van plantweefsel tot die totstandkoming van nuwe eienskappe aanleiding mag gee. Volgens hierdie wyse kan by ’n witdruifkultivar skielik rooi korrels ontstaan, of mag in gevalle van andersins normale stokke óf pitlose korreltipes óf aflooptrosse voortgebring word. Bykomend daartoe dat bestaande soorteienskappe gaandeweg, op grond van die erflikheid soos aan mutasies verbonde, óf verbeter óf verswak mag word, bly dit ook hier van belang om deurlopend op hoogte van identifikasie- prosedures daaromtrent te verkeer en word die inwin van deskundige advies ter bevestiging aanbeveel – veral in gevalle waar verwarring met ander oorsake mag opduik. In die lig daarvan dat bepaalde afwykings soos spesifiek aan mutasies toegedig kan word, vegetatief voortplantbaar is, kan die waarde van oorkoepelende, deurlopende en noukeurige intrakultivarseleksie, met inbegrip van veral grondves- en moederblokke, nie oorbeklemtoon word nie. Op grond hiervan kan negatiewe mutasies vóór verdere vermeerdering uitgeskakel word, terwyl positiewe eienskappe – in terme van hul erflikheid – met die aanwending van kloneseleksie, aan verdere ondersoeke onderwerp kan word. Aanvullend hiertoe word ’n bewuswording van chimeras en veral in welke mate dit van egte/ permanente mutasies verskil, aangemoedig.
282 • ’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika
Made with FlippingBook Ebook Creator