’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD

Swawelbrand (441); rouband (442).

FOTO 441. ’n Verdere voorbeeld waar swawelbrand (soos by Foto’s 439 en 440) verspreid op korrels en selfs korrelstele voorkom. Moet nie met sonbrand of selfs antraknose verwar word nie.

FOTO 442. ’n Tipiese voorbeeld van rouband by ’n tafeldruiftros, in welke geval bandvorming by posisies waar laterale vertakkings uit die ragis ontspring, ontstaan – om deur verbruining en verdroging daarvan, in samehang met verlepping, inkrimping en verdroging van korrels, opgevolg te word.

280 • ’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika

Made with FlippingBook Ebook Creator