’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD

Swawelbrand.

FOTO 439. By korrels word swawelbrand met die ontwikkeling van gladde, donkerbruin tot swart verkleurings (waarbinne barsies voorkom) vereenselwig – soos duidelik in hierdie voorbeeld geïllustreer word.

FOTO 440. ’n Dieper kykie na die barsies wat met donkerbruin verkleurings (soos by Foto 439) as gevolg van swawelbrand gepaard gaan. Moet nie met sonbrand of hittebeskadiging verwar word nie.

’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika • 279

Made with FlippingBook Ebook Creator