’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD
Weerlig (437); swawelbrand (438).
FOTO 437. Die verdroging van murggedeeltes van weerligbeskadigde lote – om sodoende die indruk te skep dat dit aan die binnekant hol vertoon – word as baie kenmerkend van hierdie verskynsel beskou.
FOTO 438. In reaksie op swawelbrand by situasies van hoë temperature kort ná bestuiwing, brand jong blare meestal vanaf die rande, waarna dit ’n tipiese rooibruin verkleuring ondergaan om deur die opkrul en verharding/verdroging van beskadigde dele, opgevolg te word.
278 • ’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika
Made with FlippingBook Ebook Creator