’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD
Weerlig.
FOTO 435. In gevalle waar jong, sagte lote in die vroeë groeiseisoen in direkte kontak met drade sou verkeer, is die afknak en daaropvolgende verdroging daarvan – met inbegrip van digby geposisioneerde blomtrosse – baie kenmerkend van weerligskade.
FOTO 436. In teenstelling met die voorbeeld in Foto 435, kom verdikkings in posisies van direkte draadkontak by ouer, gedeeltelik gelignifiseerde lote voor – ’n verskynsel soos met die heling/vulling van krake deur middel van kallusvorming, geassosieer word.
’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika • 277
Made with FlippingBook Ebook Creator