’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD
Haelskade (433); weerlig (434).
FOTO 433. ’n Voorbeeld waar gelignifiseerde lote (met selfs kordon en stamgedeeltes) tydens hewige haelstorms sodanig beskadig word dat basgedeeltes afgeslaan word. In sommige gevalle kan sulke lote afsterf, terwyl kallusvorming soms rondom die beskadigde weefsel mag plaasvind. Uiteraard word ideale toegangspoorte vir sekondêre hourverrottingsorganismes geskep – ’n aspek waarby tydige en korrekte optredes/opvolgaksies as van groot belang geag word.
FOTO 434. Weerligskade as verteenwoordigend van ’n situasie waarby opleidrade direk getref sou word, ten gevolge waarvan ’n verbruining en verdroging van blare en lote oor die hele stokry mag toetree – word hier geïllustreer.
276 • ’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika
Made with FlippingBook Ebook Creator