’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD

Haelskade.

FOTO 431. ’n Verdere voorbeeld van die omvang van haelskade soos in Foto 430, ter illustrasie van die feitlik algehele bedekking van die grondoppervlakte met ’n tapyt van afgeslane blare en trosse. Let ook op die voorkoms van skade aan selfs stamgedeeltes – soos by die stok in die 10:00posisie geïllustreer word.

FOTO 432. ’n Dieper kykie na haelskade soos in Foto’s 430 en 431 uitgebeeld word. Benewens blare en trosse, is erge skade terselfdertyd aan groen, sowel as gedeeltelik gelignifiseerde lote aangerig.

’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika • 275

Made with FlippingBook Ebook Creator