’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD
Rouband Kenmerkende abnormaliteitsingrepe soos met hierdie komplekse, fisiologiese verskynsel geassosieer word, manifesteer in die formaat van klein, donker kolletjies van dooie selle wat gewoonlik op die nouste gedeeltes van korrelstele (tydens gevorderde korrelontwikke ling) ontstaan, waarna dit uitbrei om tot die ontwikkeling van ’n aaneenlopende/ omkringende band of ring aanleiding te gee – ten gevolge waarvan individuele korrels uiteindelik aan verwelking, inkrimping en verdroging onderwerp word. In die geval van veral tafeldruiwe is ’n soortgelyke situasie baie kenmerkend, maar met die verskil dat bandvorming dikwels tot posisies waar laterale vertakkings uit die ragis ontspring, beperk word – waarna dit uitbrei om tot die verbruining en verdroging van die aangetaste vertakking in geheel by te dra. Uiteraard word dieselfde kringloop betreffende verlepping, inkrimping en verdroging by korrels aan sodanige vertakkings, nagevolg (Foto’s 442 & 443). Groeistilstand Alhoewel hierdie verskynsel (GSV) hoofsaaklik met tydelike lootgroeivertraging/stilstand in die periode tussen bot en blom (waartydens blomtrosse op ’n baie vroeë stadium afgesnoer word) vereenselwig word, is die voorkoms van verskeie en selfs uiteenlopende abnormaliteitsverskynsels – wat enkelvoudig of in gekombineerde formaat kan voorkom – op grond van omvattende navorsingsondersoeke aan die lig gebring. Sodanige situasies bring mee dat konkrete identifikasieprosedures bemoeilik word en wel in so ’n mate dat die inwin van deskundige advies te alle tye as ’n absolute noodsaaklikheid beskou word. Vanuit die spektrum van abnormaliteitsverskynsels kan ’n vertraging/stilstand in die verlengingstempo van lote soos voortspruitend uit oë wat wel uitbot, om later in die seisoen deur aktiewe groei – maar óf sonder óf slegs met kleiner trosse – opgevolg te word, as kenmerkend van GSV uitgesonder word. Sodanige situasies mag derhalwe daarop dui dat geïnisieerde blomtrosprimordia reeds by dormante oë (vóór oogswel) afgesnoer/ beskadig mag wees. In gevalle waar blomtrosse op ’n later stadium – maar vóór kappieval – aan die pen sou ry, verskyn oppervlakkige swart letsels waar trosstele later afgesnoer word. Normaalweg kan verminderde lootgroei en blink, donkergroen blare by sodanige aangetaste stokke waargeneem word (Foto 444).
’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika • 273
Made with FlippingBook Ebook Creator