’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD
Versuiping.
FOTO 419. In hierdie geval kan spesifieke kanale van afloopwater – in kombinasie met onvoldoende dreinering – by geterrasseerde Sauvignon blancstokke in die Houtbaaigebied, as ’n waarskynlike oorsaak van blaarvergeling in reaksie tot versuiping beskou word. Volgens mededeling het grond en wortelondersoeke by individuele stokke – waarvan sommiges reeds afgesterf het – die afwesigheid van onder andere Phytophthora as moontlike oorsaak daarvan, openbaar.
FOTO 420. Langdurige, visueelsigbare wateraansameling bó die grondoppervlakte (om as sulks tot die uiteindelike afsterf van stokke by te dra) dien gewoonlik as ’n pluspunt in terme van die korrekte identifikasie van versuipingstoestande.
’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika • 267
Made with FlippingBook Ebook Creator