’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD

ABIOTIESE ABNORMALITEITE 6 DEEL 6

A biotiese abnormaliteite word met skade soos hoofsaaklik deur omge­ wingstoestande aangerig/veroorsaak word, geassosieer. Globaal beskou kan sodanige skadelike ingrepe in uiteenlopende formate en in variërende grade van intensiteit uitgeoefen word – soos weerspieëlend daarvan dat ernstige toestande tot permanente skade by of selfs vernietiging van stokke mag bydra, terwyl die mate van impak by meer gematigde toestande ’n laer profiel behoort te handhaaf. Alhoewel individuele verskynsels hoofsaaklik met spesifieke/afgebakende oorsaaklike faktore vereenselwig word, is dit nie die geval by onder andere droogte, versuiping en brak nie, in welke opsig dit by al drie gevalle aan ’n gemeenskaplike oorsaak – soos verteenwoordigend van die toetrede(s) van watertekorte by bogrondse organe van aangetaste stokke, toegeskryf kan word. Uiteraard is dit belangrik om ’n onderskeid te tref tussen watertekorte as resulterend van langdurige/volgehoue onderwerping van stokke aan bogenoemde toestande en dié wat tydelik – selfs in gevalle van noukeurige, geskeduleerde besproeiing – kan/mag voorkom. In laasgenoemde verband kan ’n onlangse publikasie, waarin die visuele voorkoms van tydelike watertekorte by lootgroeipunte, blare en rankies ryklik geïllustreer word, as waardevol vir praktykgerigte benutting, uitgesonder word (Schutte, 2012). In teenstelling met droogte, versuiping en brak, word die voorkoms van rouband en die groeistilstandverskynsel (hierna GSV) – wat hoofsaaklik by tafeldruiwe voorkom met laasgenoemde feitlik uitsluitlik beperkend tot die BenedeOranjeriviergebied – nie met ’n gemeenskaplike oorsaak geassosieer nie, maar kon verskeie en uiteenlopende situasies as belangrike drywers in terme van die toetrede(s) van hierdie komplekse, fisiologiese verskynsels aan die lig gebring word (Van der Merwe, 1994; Van der Westhuizen et al. , 2001; Myburgh, 2008; Laker & Conradie, ongepubliseerd; ea). Voortspruitend uit hierdie navorsing, ondersoeke en waarnemings oor baie jare, kon ’n basiese bewuswording van spesifieke rolspelende faktore (in enkelvoudige of gekombineerde formaat) daargestel word, naamlik: groeireguleerderwanbalanse; klimaat; voeding; grond; onder en bostokke asook groeikrag/oeslading by eersgenoemde en dormansiefisiologie; klimaat; grond; besproeiing; onderstokke en swamsiektes (vroeë ontblaring) by laasgenoemde. Oorkoepelend beskou en soos daarop gegrond dat sommige abnormaliteite in hierdie kategorie ’n ooreenkoms met dié van siektes, plae en selfs fisiologiese probleemsituasies mag openbaar, om boonop in bykans alle gevalle in ’n mindere of meerdere mate tot ekonomiese verliese oor die kort en/of langer termyn by te dra, kan die implimentering van voorkomende asook regstellende aksies/maatreëls – soos gebaseer op omvangryke vakkundige kennis/advies – nie oorbeklemtoon word nie. Sodoende mag dit daartoe bydra dat die nougesette/ oordeelkundige navolging van spesifiek neergelegte riglyne in bogenoemde verband, ’n belangrike toepassingswaarde oor die totale spektrum van praktyke ten opsigte van volhoubare/winsgewende wingerdverbouing in die onderskeie streke, sou kon inhou.

’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika • 249

Made with FlippingBook Ebook Creator