’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD

Slakke.

FOTO 345. ’n Voorbeeld van erge vreetskade, soos deur slakke by hierdie jong aangeplante stokkie oor die verloop van ’n naweek (ná ’n reënbui teen laat Vrydagmiddag) aangerig is. Alhoewel geringe kalanderskade ook voorkom, moet dit nie daarmee verwar word nie. Uiteraard word noodsaaklike reserwes in sodanige gevalle onnodig verspil.

FOTO 346. Misvormde groei en erge vreetskade by hierdie jong stokkie – as gevolg van die voeding van slakke – word in hierdie voorbeeld uitgebeeld. Vergelyk met die situasie in Foto 345.

’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika • 221

Made with FlippingBook Ebook Creator