’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD
Kweperstamboorders.
FOTO 339. Tydens ontsnapping van volwasse kweperstammotte word dele van die papies na buite getrek. Let ook op die fyn houtsaagsels (10:00posisie) wat met verloop van die lewensiklus na buite uitgewerk word.
FOTO 340. Kenmerkende, visueelwaarneembare skade, soos met die voedingsaktiwiteite van stamboorders vereenselwig word, word ten beste met die deursaag van aangetaste houtgedeeltes blootgelê. Let op die voorkoms van houtsaagsels, asook die tonnel waardeur ’n volwasse kweperstamboordermot waarskynlik reeds na buite ontsnap het. Moet nie met tandpyn of ander voorbeelde van die rugose wood kompleks verwar word nie.
218 • ’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika
Made with FlippingBook Ebook Creator