’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD
Tappieboorders (336).
Vrugtevlieg In opvolging tot eierlegging in rypwordende druifkorrels, is direkte skade, soos ver bandhoudend met die voedingsaktiwiteite van uitgebroeide, pootlose larwes (maaiers) van die Mediterreense vrugtevlieg baie kenmerkend – soos gerugsteun deur die voorkoms van karakteristiek, visueelwaarneembare bruingekleurde tonnels onder die skil (Foto’s 350 & 351). Aangesien meeste van die larwes in die korrelsap verdrink, bereik weinig daarvan ’n volgroeide stadium – om sodoende die korrels te verlaat en op die grond te verpop. In gevalle waar volgroeide larwes wel aangetref word (Foto’s 352 & 353), moet dit nie met dié van asynvlieë verwar word nie – as resulterend van eierlegging wat deur laasgenoemde in vrugtevliegbeskadigde en verrotte korrels uitgevoer word. Alhoewel vrugtevliegskade by beide tafel en wyndruiwe kan voorkom, word die ekonomiese implikasies daaraan verbonde by eersgenoemde in ’n hoër kategorie geplaas.
Foto 336. Beduidend swakker groei met geen of vertraagde bot by hierdie toegekende draer, as resulterend van voedingsaktiwiteite van houtboorderwespes (tappieboorders). In hierdie geval word by snoeiwonde ingeboor, waarna die murg uitgehol, eiers gelê en verdere uitholaksies deur larwes bewerkstellig word.
216 • ’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika
Made with FlippingBook Ebook Creator