’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD

Knoppiesblaar.

FOTO 324. Kenmerkende uitstulpings (galle) aan die bokante van blare soos deur die voeding van knoppiesblaarmyte aan die onderkante daarvan aan die orde gebring word. Moet nie met die blaarvorm van filloksera verwar word nie.

FOTO 325. ’n Tipiese voorbeeld waar jong, individuele galle (soos in Foto 324) aan die onderkante ryklik met wit, haaragtige uitgroeisels in die betrokke insinkings (holtes) bedeel word. Moet nie met donsskimmel verwar word nie.

’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika • 209

Made with FlippingBook Ebook Creator