’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD

Witluis.

FOTO 319. Volwasse witluiswyfies, jong larwes en eiersakke word deur hierdie dieper kykie in die trosvoorbeeld van Foto 318 aan die lig gebring. Uiteraard sou vrugtevretende voëls as ’n ideale en bykomende verspreidingsmeganisme van die onderskeie witluisstadia uitgesonder kan word.

FOTO 320. Verkleuring/verdroging van blare as gevolg van die uitsuig van plantsap deur witluis. Hier­ die verskynsel moet veral nie by rooiwynkultivars met rolblaar verwar word nie. Let ook op die blink voorkoms van organe – veral by die blaar regs.

’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika • 205

Made with FlippingBook Ebook Creator