’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD
Witluis.
FOTO 315. ’n Verdere voorbeeld van die voorkoms van witluis in verskillende stadia van ontwikkeling op hierdie lootgedeelte van ’n Chardonnaystok. Die droë blaarsteel en blaar regs is resulterend van uitgesuigde plantsap. Die daaropvolgende afval en rondwaai daarvan deur wind, bied ’n verklaring van witluisverspreiding na naasliggende stokke, asook na verder geleë wingerde.
FOTO 316. Aktiewe voeding (uitsuig van plantsap) en afskeiding van heuningdou deur witluis word by hierdie jong tros van Chardonnay geïllustreer. Let op die blink en taai voorkoms van toepaslike organe, asook die opmerklike druppels van aangesamelde heuningdou.
’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika • 203
Made with FlippingBook Ebook Creator