’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD
Witluis.
FOTO 313. By witluis bestaan geboortebeperking nie en beskik die massas, feitlik onopsigtelike larwes – veral wanneer hulle reeds verspreid mag voorkom – oor die vermoë om baie vinnig te migreer ten einde beslaglegging op lote, blare, trosse en selfs wortels uit te oefen.
FOTO 314. ’n Tipiese voorbeeld van die groteske formaat waarin witluis in die vroeë lente op basale gedeeltes van groen lote kan voorkom. Let op: (i) verskille in liggaamsgroottes van wyfies; (ii) massiewe vrystelling van larwes vanuit eiersakke en (iii) die voorkoms van taai, heuningdoudruppels by die 13:00 en 18:30posisies.
202 • ’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika
Made with FlippingBook Ebook Creator