’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD
Witluis en miere.
FOTO 311. ’n Tipiese voorbeeld waar die natuurlike vyande van witluis (Foto 310) deur miere verdryf word. Let ook op die oënskynlik beskermende aksie wat deur miere op witluis uitgeoefen word – vergelyk met Foto 309.
FOTO 312. Voedingsaktiwiteite van miere op afgeskeide heuningdou, terwyl natuurlike vyande terselfdertyd verdryf word. Hoewel die ronddra van witluislarwes deur miere as ’n mite beskou word, lyk dit in hierdie voorbeeld baie suspisieus.
’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika • 201
Made with FlippingBook Ebook Creator