’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD

Witluis.

FOTO 309. Die voorkoms van witluis en jong larwes wat met basverwydering gedurende die vroeë lente blootgelê word. ’n Soortgelyke situasie kan ook op wingerdwortels voorkom. Let op die beskermende aksie wat miere reeds in hierdie stadium uitoefen ten einde witluis teen natuurlike vyande te beskerm.

FOTO 310. ’n Situasie waar die aktiwiteite van skilpadkewers uitgebeeld word. Let op die reeds effens blinkerige voorkoms van die lootbasis – soos met die afskeiding van heuningdou vereenselwig word.

200 • ’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika

Made with FlippingBook Ebook Creator