’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD
WINGERDPLAE Witluis en miere 5.3
Voorkoms, verspreiding en skade Gedurende die winter word aangetaste stokke meestal met swart, roetskimmelbegroeide stamme/kordonne geassosieer en kan die voorkoms van witluis reeds gedurende die vroeë lente met basverwydering blootgelê word – veral in gevalle waar miere reeds bedrywig mag wees. In teenstelling met gemaklik identifiseerbare volwasse wyfies – waarvan die ovaalvormige liggame ryklik met wit, poeieragtige wasafskeidings en kort fraiingagtige uitsteeksels bedeel is – is jong larwes moeiliker waarneembaar, veral in situasies waar dit reeds verspreid sou voorkom. Gedurende die larwestadia – in welke opsig getalsterktes daarvan in snelle formaat deur aktief funksionerende, volwasse wyfies op ’n deurlopende basis aangevul word – is witluise baie beweeglik en migreer vinnig ten einde beslaglegging op lote, blare, trosse en selfs wortels uit te oefen. Voedingsbehoeftes word deur die uitsuig van plantsap bevredig, waartydens groot hoeveelhede heuningdou afgeskei word – om respektiewelik deur miere (as ’n gesogte voedselbron) en roetskimmelswamme (as ideale groeimedia) benut te word. In hierdie aanbieding word besonderhede betreffende abnormaliteite/skade soos verbandhoudend met die voorkoms en verspreiding van witluis by aangetaste stokke visueel uitgebeeld en so toepaslik moontlik met kriptiese, dog basiese onderskrifte toegelig (Foto’s 307 323).
198 • ’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika
Made with FlippingBook Ebook Creator