’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD
Gespikkelde kalanders/botselvreters (291); gebande vrugtekalanders (292).
FOTO 291. Die afvreet/verorbering van jong lootpunte en blare deur gespikkelde kalanders/ botselvreters – met voortydige sylootgroei – word in hierdie voorbeeld geïllustreer. Aangesien sodanige situasies baie verwarrend kan wees, word die inwin van deskundige advies ter bevestiging aanbeveel. Soos in Foto 290, was slakke nie hier betrokke nie.
FOTO 292. Kenmerkende vreetpatrone van gebande vrugtekalanders word met niedraderige, skerpbelynde gate (waarvan die rande vinnig verbruin) geassosieer. Let ook op die halfmaanvormige formaat van gate aan blaarrande.
190 • ’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika
Made with FlippingBook Ebook Creator