’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD

WINGERDPLAE Snuitkewers/kalanders en krompokkels 5.2

Snuitkewers/kalanders Snuitkewers (kalanders) – waarvan die volwassenes met kenmerkend verlengde snuite (met monddele aan die punte) en bolvormige, gladde liggame bedeel is – kan as een van die mees belangrike wingerdplae in die plaaslike bedryf uitgesonder word (Foto’s 286, 287 & 288). Vreet en voedingsaksies word hoofsaaklik snags uitgevoer (bedags word skuiling onder los basdele, in die grond onder kluite of selfs in die skaduwee binne trosse opgesoek) – in welke geval ernstige skade aan feitlik alle bogrondse organe van onder sowel as bostokke aangerig word. Die toetrede – met gepaardgaande voedingsaktiwiteite – van volwassenes strek in normale jare gewoonlik vanaf begin Oktober, om ’n hoogtepunt in populasiegetalle vanaf einde Oktober tot einde Desember te bereik. Uiteraard is jong aanplantings uiters gesog en kan stokkies gedurende die vestigingsjare vernietig word – veral in gevalle waar onder andere slakke in kombinasie met snuitkewers sou toeslaan. Kenmerkend van gespikkelde kalanders en/of botselvreters is die vroeër (begin Oktober) aanslae daarvan in welke hoedanigheid ernstige vreetskade aan ontluikende oë, botsels en jong lootpunte bewerkstellig word (Foto’s 289, 290 & 291). In normale jare tree die bekende gebande vrugtekalander/wingerdkalander vanaf einde Oktober op die toneel en word kenmerkende, niedraderige en skerpbelynde gate (waarvan die rande vining verbruin) in blare – asook in halfmaanvormige formaat aan die rande daarvan – gevreet. In ernstige gevalle word blare spoedig in ’n sifvormige formaat omskep, wat tot algehele verdroging daarvan kan bydra (Foto’s 292 & 293). Bykomend hiertoe word lote sodanig gevreet dat duidelike oppervlakkige kolle of gate sigbaar is – om in sommige gevalle selfs tot die afknak daarvan by te dra (Foto’s 294 & 295). Trosskade word gewoonlik met karakteristieke vreetpatrone aan trosstele en vertakkings, korrelstele en selfs korrels vereenselwig (Foto’s 296, 297 & 298). Hierdie vreetskade kan verder tot verdroging en afval van korrels (Foto 299) – met selfs verwelking van trosse in totaliteit – aanleiding gee. In gevalle waar die betrokkenheid/ voorkoms van snuitkewers vermoed word, word nagtelike besoeke sterk aanbeveel – in welke opsig voedingsaktiwiteite daarvan besonder effektief met behulp van ’n ligbron (flitslig) vir vertrouenswaardige identifikasieprosedures aangewend kan word. Alhoewel verskeie kalanderspesies op wingerd voorkom, is bostaande voorbeelde hoofsaaklik reflekterend van skade soos deur die mees algemene gebande vrugtekalander; asook die botselvreter en gespikkelde kalander, aangerig word. Krompokkels Alhoewel vreetskade deur krompokkels (langhoringsprinkane) meestal nie as van werklik ekonomiese belang geag word nie, kan sporadiese uitbrake van groot getalle (waarin klimaatstoestande ’n bepalende rol speel) die teendeel openbaar – veral in gevalle waar benewens blare, selfs jong trossies aan aktiewe voedingsaksies daarvan onderwerp word. In teenstelling met snuitkewers is krompokkels ook bedags aktief en kan vertrouenswaardige

186 • ’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika

Made with FlippingBook Ebook Creator