’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD

Margarodes.

FOTO 282. Bogrondse abnormaliteite van margarodes word met swakker groei (korter en dunner lote met kleiner en liggekleurde blare) geassosieer, soos by hierdie stok (Malmesburygebied) visueel waarneembaar is. In hierdie spesifieke geval het grondondersoeke die voorkoms van siste (grondpêrels) in die nabyheid van die wortels openbaar.

FOTO 283. Tiperend van margarodes is die voorkoms van ronde siste (grondpêrels) in die nabygeleë omgewing van aangetaste wingerdwortels, terwyl laasgenoemde op sigself geen visueelwaarneembare abnormaliteite openbaar nie. Die groottes van siste is netnet groter as normale vuurhoutjiekoppe.

184 • ’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika

Made with FlippingBook Ebook Creator