’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD
Filloksera.
FOTO 278. Tiperend van filloksera is die voorkoms van: (i) haakagtige galle/verdikkings (nodositeite) aan veral die punte van jong, fyn voedingswortels en (ii) verhewe galle (tuberositeite) op ouer wortels. Let op die swart, kurkagtigheid wat geleidelik tot aangetaste wortels toetree – soos by die 10:00posisie geïllustreer.
FOTO 279. ’n Situasie waar feitlik die totale wortelstelsel van hierdie stok deur filloksera vernietig is. Let op die swart, kurkagtige voorkoms van veral ouer wortels, soos by Foto 278. ’n Kenmerkende tuberositeit is in ’n ouer wortel (15:00posisie) waarneembaar.
182 • ’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika
Made with FlippingBook Ebook Creator