’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD

Filloksera.

FOTO 276. ’n Groteske aanslag word deur ’n hoë fillokserapopulasie op hierdie jong wortel uitgeoefen. Let ook op die voorkoms van talryke vrugbare eiers – soos deur wyfies sonder voorafgaande paring, voortgebring word.

FOTO 277. Bevange rypwording – soos by stokke waarvan die wortels deur filloksera aangetas is, kan voorkom. Let egter daarop dat sodanige situasies nie uitsluitlik aan filloksera toegedig kan word alvorens deeglike wortel en grondondersoeke onderneem is nie.

’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika • 181

Made with FlippingBook Ebook Creator