’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD
Virus associated phenomenon (1); thickened graft union (2).
WINGERDPLAE Filloksera, margarodes en nematodes 5.1
Filloksera Soos algemeen bekend is filloksera klein plantluise (Foto’s 275 & 276) wat veral ondergronds voorkom, in welke hoedanigheid wingerdwortels in variërende grade van intensiteit aangetas word. Aangesien makstokke ( Vitis vinifera ) oor geen weerstand hierteen beskik nie, bly die benutting van fillokseraweerstandbiedende onderstokke steeds die enigste metode om die plaag te bekamp – in soverre dat dit met tereg opgemerk kan word dat wingerdenting feitlik in totaliteit hierop gebaseer word. Alhoewel onderstokke en kruisings ook aangetas word, word variërende grade van genetiese weerstandbiedendheid gehandhaaf, wat weer in ’n hoë mate deur groeikrag, grondtipe en klimaat beïnvloed word. In hierdie verband het navorsingsgebaseerde bevindings daarop gedui dat hoe sterker die groeikrag van die onderstok, hoe beter die weerstand teen filloksera, terwyl die aanwesigheid/voorkoms daarvan op sigself in ’n hoër mate met swaar versus liggetekstuurde gronde (hoë persentasie fyn tot medium sand) geassosieer word. Allesomvattend moet filloksera (wat in al die wingerdbougebiede voorkom) egter steeds as ’n ernstige plaaslike probleem beskou word – wat jaarliks ernstige ingrepe op opbrengste kan/mag uitoefen. Bogrondse abnormaliteite word met swakker groei/ agteruitgang van stokke in kolpatrone binne bestaande wingerde vereenselwig – ’n situasie wat met verloop van tyd vererger om uiteindelik tot algehele afsterwing daarvan by te dra. Kenmer kend van aangetaste stokke is dat staking van groei vroeër in die seisoen plaasvind, met ’n gepaardgaande dofgroen verkleuring en latere vergeling/verdroging van blare – in samehang met druiwe wat dikwels aan bevange rypwording onderwerp word (Foto 277). Dit spreek vanself dat sodanige afsterf/verdroging van stokke aan verskeie oorsake onderworpe mag wees, ten gevolge waarvan deeglike wortelondersoeke benodig word alvorens bogenoemde visuele waarnemings spesifiek aan filloksera toegedig sou kon word. Ondergrondse abnormaliteite word deur die voorkoms van: (i) haakagtige galle/verdikkings (nodositeite) op jong, fyn voedingswortels en (ii) effens verhewe, minder opvallende galle (tuberositeite) op ouer wortels gekenmerk (Foto’s 278, 279 & 280). Nodositeitvorming – waarvan die kleur aanvanklik geel vertoon om binne ’n kort tydsbestek na geelbruin en later donkerbruin te verander – op voedingswortels is baie kenmerkend en word as die mees opvallende abnormaliteit betreffende die aanwesigheid van filloksera beskou. Die uiters nadelige uitwerking wat deur hierdie plaag op wortels van nieweerstandbiedende stokke uitgeoefen word, kan daaraan toegeskryf word dat speeksel tydens voeding (lang, suigende bekdele word in wortels gesteek om selsap uit te suig) in die wonde gedeponeer word, ten gevolge waarvan abnormale seldeling geïnisieer word om sodoende tot galvorming aanleiding te gee. Gepaardgaande hiermee word verdere wortelgroei/verlenging gestop en die opname van water en voedingstowwe ernstig belemmer/ verhoed. Bykomend verleen wonde wat deur die voedingsaksies van filloksera veroorsaak word, uiters gemaklike toegangspoorte aan verskeie verrottingsorganismes – wat ’n aanvullende bydrae tot die uiteindelike vernietiging van wortelstelsels in totaliteit mag/kan lewer. Filloksera kan ook op wingerdblare voed en galle aan die onderkante daarvan vorm (Foto 281) – ’n situasie wat nie met die uitstulpings/galle soos deur die bekende erinosemyte
178 • ’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika
Made with FlippingBook Ebook Creator