’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD

DEEL 5

WINGERDPLAE 5 S oos wêreldwyd die geval, is die SA wingerdbedryf geen uitsondering betreffende die voorkoms van plaagverskynsels nie, in welke geval gevestigde stokke (bo sowel as ondergronds) deurlopend aan aanslae – soos verbandhoudend met ’n uiteenlopende en wye spektrum van insekte en ander plae – blootgestel word. Abnormaliteite hiermee geassosieerd is in die meeste gevalle weerspieëlend van lokale skade aan betrokke organe, met bykans in alle gevalle spesifiek waarneembare letsels aan orgaanoppervlaktes. Uiteraard is meeste bogrondse plae redelik maklik identifiseerbaar, óf direk, óf deur abnormaliteitsingrepe wat deur vreet en voedingsaksies by individuele gevalle geïnduseer word. In teenstelling hiermee is ondergrondse plae moeiliker herkenbaar – soos gegrond daarop dat dit in diep(er) grond voorkom en die uitdrukking van karakteristieke abnormaliteite op ’n minder prominente basis berus. Alhoewel weens die omvangryke uiteenlopendheid daarvan hoofsaaklik op die voorkoms van die mees tipiese plaaggeassosieerde abnormaliteite – wat jaarliks algemeen voorkom en tot groot oesverliese met selfs vernietiging van stokke kan bydra – gefokus word, is daadwerklike pogings aangewend om waar toepaslik ook minder bekende verskynsels, wat óf sporadies óf by uitsondering mag voorkom, aan die lig te bring. Bykomend is dit verder van belang om daarop te let dat sommige plae/verskynsels oor voor sowel as nadelige eienskappe in terme van algemene wingerdverbouing mag beskik, asook dat onbekende of feitlik vergete en selfs nuwe plae in skielike en onverwagte epidemiese afmetings mag toeslaan. Oorkoepelend, soos gebaseer op die omvangryke impak betreffende direkte én indirekte skade soos deur ’n wye spektrum van wingerdplae by aangetaste stokke uitgeoefen kan word, bly dit derhalwe noodsaaklik om deurlopend op hoogte van identifikasieprosedures, sowel as van kenmerkende gedrags en vreetpatrone/ voedingsaksies daarvan te verkeer. Bykomend tot visuele waarnemings betreffende bogenoemde aksies, asook tye (nag of dag) wanneer dit uitgeoefen word, kan/mag bestekopnames van die maande binne die groeiseisoen waarin hoë populasiegetalle normaalweg voorkom – in samehang met kenmerkende eienskappe van uitwerpsels by individuele gevalle – as besonder nuttige aanvullings ten opsigte van toepaslike identifikasie(s) beskou word.

’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika • 177

Made with FlippingBook Ebook Creator