’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD
Astervergeling
FOTO 271. Kenmerkend van Astervergelingsiekte is die voorkoms van ’n loodgrys kleur op ongelignifiseerde (groen) lote, wat veral in die geval van Chardonnay soms met vlakliggende, langwerpige krakies/barsies (12:00posisie) aan die oppervlakte gepaard gaan.
FOTO 272. Die loodgrys kleur (Foto 271) kan met die vinger afgevryf word om sodoende die groen kleur van onderliggende lootgedeeltes bloot te lê. Let ook op die abnormale voorkoms van basgedeeltes by hierdie gedeeltelik gelignifiseerde loot van Chardonnay – waar benewens barsies/ krakies, ook klein uitbultings/knoppies waarneembaar is.
’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika • 175
Made with FlippingBook Ebook Creator