’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD
Enasie (rasperblaar).
FOTO 256. ’n Tipiese voorbeeld van vertraagde bot en lootgroei, gepaardgaande met erg verdikte en misvormde basale blare, soos met enasie geassosieer word – met die bykomstige moontlikheid om verwarring ten opsigte van onkruiddoderskade te skep. Die voorbeeld is verteenwoordigend van ’n wyndruifstok (kultivar onbekend) teen die einde van November 1977, in die Rawsonvillegebied.
FOTO 257. Lote van enasiegeïnfekteerde stokke openbaar ’n neiging om afwaarts te groei, maar is nie rubberagtig soos by skurfbassiekte nie. Die foto is verteenwoordigend van Sauvignon blancstokke in die LanguedocRoussillon streek in die suide van Frankryk.
166 • ’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika
Made with FlippingBook Ebook Creator