’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD

Enasie (rasperblaar).

FOTO 254. Kenmerkend van enasie is die verskyning van reguit of gekartelde uitgroeisels aan die onderkante van blare en parallel aan die hoofnerwe. Let ook op die erg misvormde blaar in hierdie voorbeeld by ’n Barlinkatafeldruifstok.

FOTO 255. Kleiner uitgroeisels (vergelyk Foto 254) mag selfs tussen die nerwe ontwikkel. Let veral op die erge graad van blaarmisvorming wat deur enasie ontketen kan word.

’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika • 165

Made with FlippingBook Ebook Creator