’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD
Fleck.
erg misvorm en mag in sommige gevalle met onkruiddoderskade verwar word (Foto 256). Lote van aangetaste stokke openbaar die neiging om afwaarts te groei, maar is nie rubberagtig soos by skurfbassiekte nie (Foto’s 257 & 258). Alhoewel enasie as ’n entoordraagbare virussiekte geklassifiseer is (Graniti et al ., 1965), word ook hier min in die literatuur weergegee rakende die visueelwaarneembare effek daarvan op korrel en trosmorfologie. Aangesien abnormaliteite kenmerkend van enasie dikwels by netelblaar en selfs gleufstamgeïnfekteerde stokke voorkom, kan voorsien word dat opbrengste in sodanige gevalle aansienlik belemmer behoort te word (Foto’s 259 & 260). Oorkoepelend moet in gedagte gehou word dat kenmerkende abnormaliteite soos met fleck en enasie geassosieer word, in ’n hoë mate deur die afsonderlike of gekombineerde voorkoms daarvan met ander skadelike virussiektes, beïnvloed kan word. Hiermee word die noodsaak van deurlopende benutting van uitsluitlik gesertifiseerde plantmateriaal – soos gerugsteun deur die hoë fitosanitêre gehalte daarvan – by enige vorm van enting en voortplanting, opnuut beklemtoon.
FOTO 249. Karakteristiek van fleck is die totstandkoming van chlorotiese, deurskynende nerfonderbrekings op veral fyner blaarnerwe van die derde orde by die indikatorkultivar ( Vitis rupestris cv. St. George).
162 • ’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika
Made with FlippingBook Ebook Creator