’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD

Shirazterugsterwing.

FOTO 247. Tiperend van Shirazterugsterwing is die voorkoms van karakteristieke blaarverkleuring (soos in Foto 246) in samehang met visueelwaarneembare krake op die verdikte/geswolle stam (aan die bokant van die drupperlyn).

FOTO 248. ’n Anatomiese voorstelling van geleidelike en toenemende nekrose van selle (individueel of in naasliggende groepe) in die kambiale sone, wat mettertyd tot ’n onderbroke kambiumring/gordel aanleiding gee. Uiteindelik word ’n ernstige afname op ’n jaarlikse basis betreffende die differensiasie van voldoende, normaal funksionerende vaatweefsel (sekondêre xileem en floëem) in die omgewing van die aangetaste areas geïnduseer. Moet nie met die rugose wood kompleks verwar nie.

160 • ’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika

Made with FlippingBook Ebook Creator