’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD

Shirazterugsterwing.

FOTO 242. Tiperend by stokke geassosieerd met Shirazterugsterwing is die voorkoms van abnormaal verdikte (geswolle) entlaste met krake – ’n tendens wat op stamgedeeltes aan die bokant van entlaste voortgesit word, ter­ wyl onderstokkomponente visueel normaal vertoon.

FOTO 243. Krake op geswolle entlaste (Foto 242) met gepaardgaande verharding van aangetaste houtgedeeltes word hier uitgebeeld. Let op die duidelik visueelwaarneembare ontwikkeling daarvan in teenstelling met die onderstokkomponent wat gevrywaar daarvan vertoon.

FOTO 244. Groteske krake/gleuwe/riwwe – met die voortsetting daarvan op die stam aan die bokant van die entlas (wat in hierdie voorbeeld ’n verwronge/gedraaide voorkoms openbaar). Moet nie met gleufstam verwar word nie.

158 • ’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika

Made with FlippingBook Ebook Creator